Tuis

Soek

./images/banners/arbeid.jpg

Die 2018 Kleinfontein Fees  is verby  en was 'n reuse sukses.

Kleinfontein het die jaar  Die Netbal, Jukskei en Rugby wedstryde gewen.

rugbyaksie2

Rugby Eindtelling 33-27 Vir die Kleinfontein Krygers

Die Netbalbeker  is deur die Kleinfontein Kiewiete in 'n naelbytwedstryd gewen met 21 teenoor 20.

Terwyl Orania goed voorgeloop het het hulle uiteindelik die wedstryd verloor deur te bars.

 

 

Die potjiekoskompetisie is deur die Kakiebos 'n plaaslike restaurant  gewen.

Hierdie mooi tradisie tussen die sustersdorpe Orania en Kleinfontein is in sy 5 de jaar en is op toepaslike wyse bo-op Majubaberg in die lewe geroep.

Die Fees was baie goed bygewoon en hartlike dank word uitgespreek aan al ons borge.

 

20180310 163029 Medium Medium
Die gewilde boskroeg Boskombuis het die afgelope naweek Kleinfontein die stryd aangese op die Krieketveld. Die byeenkoms is goed bygewoon en die sanger Werner het tussendeur musiek gemaak.
Die vriendskaplike byeenkoms was nie net pret nie maar het ook gedien as 'n fondsinsamelingsprojek vir Kleinfontein bestuur deur die organisasie Vriende Van Kleinfontein. Bykans R2000  is by die dag bymekaargemaak wat aangewend gaan word om Kleinfontein se eerste tennisbaan te vestig.

Vanaf Vrydag 16 Maart 2018 staan Kleinfontein bekend as Kleinfontein Aandeleblok (Eiendoms) Beperk.

Dit volg nadat die firma Hurter en Spies  oor 'n periode van 9 maande die proses bestuur het om Kleinfontein van 'n Kooperasie na 'n Aandeleblok oor te skakel.

Majuba 2018 'n groot sukses

Die jaarlikse Majuba kultuurfees  aangebeid deur die verkennerbeweging was 'n reuse sukses. Kleinfontein was goed verteenwoordig, buiten lede uit die gemeenskap was Kleinfontein ook op Direkteursvlak verteenwoordig deur 4 direkteure.   

Verskeie skole waaronder CVO Pretoria, CVO Gromar, CVO Majuba, CVO Orania en staatsskole soos Tygerpoort en Skuilkrans het ook die geleentheid meegemaak.