HEFFINGS / TARIEWE 

Omdat die ontstaan van Kleinfontein  deur die stigting  van ‘n koöperasie  gebeur het is die konvensionele ontwikkelaarsrol vakant.

Slegs ‘n klein gedeelte van  inkomste uit erfverkopee kan aangewend word vir noodsaaklike infrastruktuur. Oorblywende infrastruktuur word met tyd bygevoeg en sal grotendeels gefinansier word uit heffings.

Ten spyte daarvan kan Kleinfontein spog met bitter lae heffings. In vergelyking met heffings en belastings in die onmiddelike omgewing van Kleinfontein  is die dorpie sowat 50% goedkoper.

Augustus 2011 maandelikse tariewe ter illustrasie:

Veiligheid  : R152
Bedryfsheffing   : R432
Grondwaterheffing : R43
Adminheffing : R38
Rioolheffing : R25
   

Totaal                                    :R 690

Omdat daar verskillende ontwikkelings binne Kleinfontein bestaan wissel heffings en tariewe. As voorbeeld is daar ‘n ander tarief vir Aftreeeenhede  en Kleinfontein hoewes.

Water

Waterverskaffing word deur die Kooperasie behartig en is daarom uiters bekostigbaar.

Die Augustus 2011 waterpyse  op die landelike hoewes was R3.85 en in die Nedersetting  R5.12 per kiloliter verbruik. Na die eerste Kiloliter verbruik is daar 'n glyskaal van toepassing.

Elektrisiteit

Geen wins  word deur die koöpearsie gemaak op die verskaffing van elektrisiteit nie.

Rekeninge ontvang deur Eskom insluitende  hull heffings soos “community levy” en “demand charge” word bloot deur die aantal verkoopbare Kw/h  gedeel om by ‘n tarief uit te kom.

Pryse per kilowatt wissel derhalwe baie   en het reeds in 2011 tussen R1.41 en R1.71 gefluktueer.