CVO KLEINFONTEIN
CVO Kleinfontein is ‘n Christelike Volkseie onderrig skool. Ons bestaan al bykans
vir 13 jaar onafhanklik, wat ‘n merkwaardige prestasie is in die lig van al die
uitdagings wat deur veranderde omstandighede geskep word.
Die skooltjie is geleë in die hartjie van die Kleinfontein Neddersetting en kyk
uit oor die vleiland van die Wildpark. Watter skool is nog so bevoorreg om by hul
klaskamervenster te kan uitkyk en die rooihartbeeste, blesbokke en sebras daar doer
in die veld te sien loop?
DIE ONDERWYSERS
By CVO Kleinfontein handhaaf ons ‘n hoë akademiese standard en daar is streng dissipline
vanaf die Kleuters tot en met die Graad 7’s (Std. 5). Die Kleuterklas begin vanaf
die ouderdom 3 jaar tot voorskool. Graad 0 word ook aangebied. Ons klasse vanaf
Graad 1 tot en met Graad 7 is klein en daarvandaan die maksimum individuele aandag
aan elke leerling. CVO Kleinfontein bied leerprogramme vanaf ARSO (Akademie vir
Reformatoriese Skole Organisasie) aan. Dit behels Bybelgegronde leerplanne met ‘n
baie hoë standard.
CVO Kleinfontein se skooltye:
07H30 – 12H45: Kleuters – Graad 3 (Juniors)
07H30 – 13H15: Graad 4 – Graad 7 (Seniors)
CVO KLEINFONTEIN NASKOOL FASILITEITE
CVO Kleinfontein beskik oor ‘n naskool by die skool self onder die toesig van ‘n
gekwalifiseerde onderwyseres wat ook gedurende hierdie tyd die nodige aandag aan
die leerling/ge se naskool werk verleen.
Die naskooltyd: 13H15 – 17H00
SPORT BY CVO KLEINFONTEIN
CVO Kleinfontein bied atletiek in die 1ste kwartaal aan waar die huissport plaaslik
gehou word en daarna die atletiek byeenkomste teen ander CVO skole sowel as tuisonderrig
skole in die omgewing. Deur die verloop van die jaar kry leerlinge ook die nodige
oefening om fiks te bly vir die volgende atletiek seisoen. Landloop, gevolg deur
Krieket, Rugby en Netbal word ook later in die jaar afgerig. Skaak kom na die winter
vakansie aan die beurt. Buitemuurs bied CVO Kleinfontein kuns (kreatiwiteit) en
krale klasse aan.
NUWE KLASKAMER IN AANBOU