ONS BIED U DIE VOLGENDE
Verblyf in ‘n tuiste met ‘n Christelike, veilige en huislike atmosfeer.

Privaatheid, maar ook geselskap, vriendskap en groepsaktiwiteite.

Ruim dubbelkamers wat uself meubileer en gerieflik en gesellig kan inrig met u eie linne, beddegoed en handdoeke.

Opgeleide volkseie susters en verpleegsters om u 24 uur te versorg en na u behoeftes om te sien.

Huur van apparate.

Drie (3) daaglikse gebalanseerde maaltye.

Daagliks 10h00 en 15h00 (3nm): Tee en verversings word bedien en gekuier in die eetsaal.

Gaste kan teen ‘n vasgestelde tarief vir ete genooi word, veral op Sondae.

Eredienste Sondae in die Kleinfontein Gemeenskapsaal en predikante is woonagtig op die terrein.

Skoonmaak van kamers op vasgestelde tye.

Water en elekstrisiteit is ingesluit in die tarief.

Sekuriteitsdiens met 24 uur toegangsbeheer.

Ontspanning: Veilige staproetes, jukskeibaan, swembad, weeklikse oefenprogram in Gemeenskapsaal ens.

Bussiediens na omliggende dele en Pretoria teen billikke tariewe.

Versorging van wasgoed.

Sorgsentrum

KLEINFONTEIN SORGSENTRUM

Waar mense in liefde weer mens word vir mekaar – groei die hemel oor die aarde.


Kleinfontein Sorgsentrum vir Bejaardes word deur Volkseie arbeid bedryf. Die sentrum maak voorsiening vir selfversorgende, semi-verswakte en verswakte inwoners. Die totale inwonertal is 26. Daar is gekwalifiseerde susters asook versorgers wat na die bejaardes omsien. Bloedtrek dienste is beskikbaar. ‘n Geneesheer besoek ook die Sentrum. Drie maaltye asook drie teetye word bedien. Wasgoed versorging is ingesluit.

Die tariewe vir die 2010/2011 boekjaar is as volg:

• Eenmalige intreefooi van R5 500.00, nie terugbetaalbaar.

• Voltydse verblyf vir privaatkamer : R6 500.00 pm.

• Voltydse verblyf vir deelkamer: R3 900.00 pm.

• Voltydse verblyf in verswakte saal: R3 800.00pm.

Die naaste dokter en apteek is op Rayton, ± 9 km vanaf Kleinfontein. Die naaste hospitaal:- Die Wilgers Hospitaal.

Finansiële aspekte:

1. Kleinfontein Sorgsentrum is selfonderhoudend. Geen subsidie word van buite ontvang nie.

2. Intreefooi van R5.000,00 is soos volg betaalbaar:

2.1. Eenmalige bedrag van R5.000, of soos volg:

2.2. Die eerste R5.000 is nie terugbetaalbaar nie.

2.3. Die tweede R5.000 (vir sover dit inbetaal is) sal pro-rata terugbetaalbaar wees indien die inwoner gedurende die eerste 5 jaar van verblyf te sterwe kom.

2.4. Die aanvanklike maandelikse verblyfkoste is soos volg vasgestel:

2.4.1. Per persoon wat kamer deel : R3.000 per maand.

Per persoon wat aandring daarop om alleen in ‘n kamer te wees : R5.000 per maand.


Prosedure vir aansoek:

* Plasing van ‘n aansoeker is onderhewig aan ‘n mediese evaluasie wat deur die Bedryfsbestuurder, Prof. Sally van Tonder, uitgevoer sal word.

* Die voorgeskrewe mediese verslag van inwoners se dokter moet saam met genoemde evaluasie ingedien word.

* Die voorgeskrewe aansoekvorm moet voor toelating volledig voltooi en ingedien word.

* Albei dokumente moet so spoedig moontlik na voltooiing by die Kleinfontein Sorgsentrum ingedien word.

* Keuring word gedoen en ‘n waglys word gehou.

Waar is Kleinfontein?

17 kilometer van Oostelike voorstede van Pretoria
10 kilometer suid van Rayton
27 kilometer wes van Bronkhorstspruit
17 kilometer van Culllinan
27 kilometer van Centurion
40 kilometer van Kemptonpark


KliniekKleinfontein se sukses is grootliks afhanklik van samewerking tussen ons mense. Ons wil dus Volkseie persone hier vestig wat die beginsel van naasteliefde wil uitleef.

Vir enige navrae, skakel gerus met die kantoor:

Kantoorure: Maandae tot Vrydae – 8h00 tot 12h30
Tinus Myburgh: 012 802 1415
Bemarker: Irene Groenewald 012 802 1441

Mediese Kliniek op Kleinfontein

Die eerste fase van die mediese "Kliniek" is reeds voltooi en word deeltyds beman met mediese personeel.