SPAAR EN KREDIET KOOPERASIE
Kleinfontein Spaar en Krediet Koöperasie is ‘n depositonemende finansiële instansie
wat besit word deur sy aandeelhouers (Afrikaners wat hulle vereenselwig met selfbeskikking).
Dit word ook bestuur deur kundige persone wat ook lid is en dieselfde strewe deel.
Dit is vir ons belangrik dat daar ‘n ekonomie ontwikkel wat gebou is rondom en vir
die Afrikaner Volk en hieraan wil ons met ywer deelneem.
Ons neem deposito’s van sy lede teen ‘n uitstekende rentekoers om sodoende die Afrikaner
se fondse onder die beheer van volksvreemde instansies uit te neem en tot voordeel
van ons eie mense aan te wend.
Befondsing van projekte en strukture wat die Afrikaner ter wille is, is altyd ‘n
probleem.
‘n Sterk en gesonde besigheid is ‘n uitmuntende voertuig om sulke befondsing te
doen. Ons mikpunt is om een so ‘n organisasie te wees.
Ons gee ook lenings aan mense wat op Kleinfontein wil vestig en so hulle eiendomme
finansier. Verder het ons ‘n kundige persoon wat testamente gratis opstel en boedels
beredder teen ‘n afslag koers.