HEFFINGS / TARIEWE
Omdat die ontstaan van Kleinfontein deur die stigting van ‘n koöperasie gebeur het is die konvensionele ontwikkelaarsrol vakant.
Slegs ‘n klein gedeelte van inkomste uit erfverkopee kan aangewend word
vir noodsaaklike infrastruktuur. Oorblywende infrastruktuur word met tyd
bygevoeg en sal grotendeels gefinansier word uit heffings.
Ten spyte daarvan kan Kleinfontein spog met bitter lae heffings. In vergelyking met heffings en belastings in die onmiddelike omgewing van Kleinfontein is die dorpie sowat 50% goedkoper.
Augustus 2011 maandelikse tariewe ter illustrasie:
| Veiligheid | : R152 |
| Bedryfsheffing | : R432 |
| Grondwaterheffing | : R43 |
| Adminheffing | : R38 |
| Rioolheffing | : R25 |
Totaal :R 690
Omdat daar verskillende ontwikkelings binne Kleinfontein bestaan wissel heffings en tariewe. As voorbeeld is daar ‘n ander tarief vir Aftreeeenhede, die Woonwapark en Kleinfontein hoewes.
Water
Waterverskaffing word deur die Koöperasie behartig en is daarom uiters
bekostigbaar.
Die Augustus 2011 waterpyse op die landelike hoewes was R3.85 en in die
Nedersetting R5.12 per kiloliter verbruik. Na die eerste Kiloliter verbruik
is daar 'n glyskaal van toepassing.
Elektrisiteit
Geen wins word deur die Koöperasie gemaak op die verskaffing van
elektrisiteit nie.
Rekeninge ontvang deur Eskom insluitende hull heffings soos “community
levy” en “demand charge” word bloot deur die aantal verkoopbare Kw/h gedeel
om by ‘n tarief uit te kom. 'n Bedryfskoste van ongeveer 12% om die
Koöperasie se onkostes te dek vorm deel van die tarief.
Pryse per kilowatt wissel derhalwe baie en het reeds in 2011 tussen R1.41 en
R1.71 gefluktueer.