"Die Slag van Donkerhoek"

Dit is ‘n wintersdag op die Hoëveld in Junie 1900.  Pretoria het ‘n paar dae vroeer, op 5 Junie, oorgegee aan die Britse magte onder aanvoering van Lord Roberts.  Paul Kruger en sy Volksraad het reeds Pretoria ontruim en ‘n tydelike regeringsetel te Machadadorp ingestel. Die Boere was moedeloos en baie het die stryd gewonne gegee en oorgegee.  

Paul Kruger het egter sy geloof behou en met die aanmoediging van Pres Steyn, Generale Christiaan die Wet en Louis Botha en ‘n kern van vasbeslote offisiere en burgers is die stryd voortgesit.
Die Britse magte het vanaf Pretoria, Pres. Kruger en sy gevolg agternagesit.  Om Pres. Kruger as gevangene na Pretoria terug te bring, sou die oorlog vir Engeland tot ‘n triomfantlike einde bring.

Maar die sou die Boeremagte ten alle koste wou verhoed: Die Boere het hulle gevolglik opgestel in ‘n front met Genl de la Rey se magte in die noorde te Boekenhoutkloof en Genl Botha se magte ingegrawe op die eskarpement op die plase Donkerhoek en Kleinfontein tussen Franspoort en Diamond Hill.

Die Britse magte het op 11 Junie 1900 ooswaarts opgeruk in ‘n halfmaan onder aanvoering van Lt-Genl French in die noorde oor die Pienaarsrivier, Lord Roberts in die middle met roetes deur Franspoort en Pienaarspoort en Lt-Genl Hamilton in die suide deur Swawelpoort en Tierpoort verby Seinheuwel, Klipkoppies en Boschkop en die stellings van die Boere begin bombardier.

Die Britse magte het bestaan uit 14 000 man en hulle artillerie uit 66 veld kanonne en 6 swaar kanonne.  Daarteenoor het die Boere slegs 6 000 man gehad met 22 kanonne en een Longtom.

Onder die oormag het die Boere teruggeval na die hoogste kop op die plaas Kleinfontein, genaamd Diamond Hill, waar die beslissende “Slag van Donkerhoek” ( in Engels “The Battle of Diamond Hill” ) op 12 Junie 1900 gelewer is.  Ten spyte van die oormag, het die Boere hier die Britse mag verslaan met weinige verlies aan eie kant.

Hierdie oorwinning, meer as enigiets anders, het weer die Boere moed om die ongelyke stryd voort te sit en het gelei tot hernude toetredes en guirilla oorlogvoering wat die magtigste moondheid van die tyd vir amper nog twee jaar sou weerstaan.

Vandag, meer as honderd-en-veertig jaar later, is die plaas wat oorspronklik in 1852  (slegs 14 jaar na die Groot Trek) deur ‘n ene Botha, bokboer en eertydse eienaar en bouer van die Pioniershuis te Silverton gekoop is, nog ‘n stille getuie van ons volk se vroeë geskiedenis.

 In Desember 1938, vertrek die oorspronklike wa van dieselfde Botha vanaf Kleinfontein as die “Bloedrivier Wa” vir die 100 jarige Groot Trek vierings na die Voortrekker Monument.


"Nasionale gedenkwaardigheid"

Op 8 Junie 1985 word die Diamond Hill begrafplaas, wat van die grafte bevat van die Britte wat in die slag gesneuwel het, tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Op 16 Desember 1988 trek 60000 volks-genote in seker die grootste demonstrasie van Boere- Afrikanereenheid saam op die plaas Kleinfontein vir die 150 ste jaar vierring van die Groot Trek, terwyl die donker wolke van ‘n oorname van die land deur die Afrika meerderheid en die verlies van ons volksvryheid reeds
aan die oplaai is.
 


In November 1991 word te hore gekom dat weens finansiële redes , die Kleinfontein-plaas uit die besit van ‘n volksgenoot, en mees moontlik in die besit van vreemdes sou val.Die historiese plaas moes dringend vir die volk gered word!

Kleinfontein word Volksbesit!
Op 5 Augustus 1992, met slegs twee aandeelhouers word voldoende borge aan die bank verskaf om dit van ‘n veiling weg te hou en is Kleinfontein Boerderybelange gebore.