KLEINFONTEIN KOMMUNIKASIEDIENSTE (KKD)

 Amptelike kenteken

 

Kopiereg voorbehou, 2004, Kleinfontein Kommunikasiedienste. Enige duplisering of plagiaat van enige aard ookal van die inhoud of gedeeltes daarvan sonder toestemming sal nie toegelaat word nie.

Vrywaring:

Hierdie Internet-tuisblad word gebruik op eie risiko. Geen aanspreeklikheid van enige aard word aanvaar vir die juistheid en korrektheid van die inhoud van hierdie tuisblad en sy subblaaie nie. Aanspreeklikheid van enige aard word ook nie aanvaar vir enige verliese wat voortspruit uit enige reaksie op die inhoud van hierdie tuisblad nie.

 

Geskiedenis: 2de Vrystelling, 19 Junie 2004

KLEINFONTEIN KOMMUNIKASIEDIENSTE

 

Kleinfontein Kommunikasiedienste (KKD) bring ‘n revolusie in elektroniese kommunikasie na ‘n gemeenskap wat strewe na onafhanklikheid en selfstandigheid.

 

KKD streef daarna om die mees omvattendste kommunikasie-diensverskaffer vir die gemeenskap van Kleinfontein te word, met ‘n verskeidenheid basiese dienste soos:

terwyl die onafhanklikheid van ander nasionale privaat en staatsbeheerde diensverskaffers bewerkstellig word!

KKD Kontakbesonderhede:

Kontakpersoon: Stefan

Telefoon: 073-755-7353

e-pos: kkd@kleinfontein.net

Radio

 

KKD STEL NOU BEKEND…

Die Tweerigting-Radiodiens, vir professionele bedryfskommunikasie.

 

DIT WERK BAIE EENVOUDIG…

Druk eenvoudig die knoppie om te praat: As die netwerk nie besig is nie, word die verbinding onmiddelik in groepsverband opgestel en al die gebruikers wat op dieselfde groep ingeskakel is, kan meeluister na wat daar gesê word. Geen veelvoudige loopfoonoproepe om almal in te lig oor wat gedoen moet word, is meer nodig nie!

 

REIK EFFENS VERDER…

Die installasie van professionele infrastruktuur sal dit moontlik maak om met draagbare radios kontak te behou vanaf Kleinfontein tot in die oostelike voorstede van Pretoria (ongeveer 25km siglynafstand), beslis verder as slegs direkte radioverbinding!

 

DIE VOORDELE…

     

  • Draagbare en mobiele spraakkommunikasie is ‘n professionele stuk gereedskap wat enige bedryfsproses van ‘n besigheid of administrasie deursigtiger kan maak; dit help om die werk wat gedoen moet word, te bespoedig en meer effektiewe afhandeling in die hand werk.

     

  • Doeltreffende kommunikasie beteken beter werksverrigting, beter ekonomiese lewensvatbaarheid en dus beslis ‘n voorsprong in ‘n kompeterende omgewing!

     

  • Dis ‘n belegging in die toekoms wat in ‘n baie kort tyd homself sal terugbetaal, vergeleke met ander mediums van draagbare of mobiele kommunikasie.

 

 

DIS BEKOSTIGBAAR…

KKD Tweerigting-radiodiens kan verkry word teen ‘n vaste maandelikse tarief. Dit maak dit dus maklik om voor te begroot. Dit maak eenvoudig die kommunikasierekening net soveel meer voorspelbaar. Geen onaangename verrassings meer op die loopfoonrekeninge nie!

DIT IS BESKIKBAAR…

KKD se Tweerigting-radiodiens is vanaf 1 Julie 2004 op ‘n proeflopie vir ongeveer 90 dae of totdat alle haakplekke uit die weg geruim is, beskikbaar vir spesiale en verdraagsame kliënte. Die amptelike en kommersiële bekendstelling word beoog vir 1 September 2004.

DAAR KOM NOG MEER…

Dit word tans sterk oorweeg om in die afsienbare toekoms die Tweerigting-radiodiens meer interessant en veelsydig te maak vir die gebruikers. Hou gerus hierdie tuisblad dop vir aankondigings in hierdie verband.

VIR MEER INLIGTING…

Kontak gerus vir Stefan by telefoon 083-542-0776 of by kkd@kleinfontein.net vir meer inligting oor KKD, die verskillende dienste en hoe die onderneming beplan om Kleinfontein se gemeenskap te help in die strewe na onafhanklikheid.

Telefoon

Die telefoondiens het ‘n allerdaagse kommoditeit geword, waarsonder ‘n mens die lewe nie meer kan voorstel nie. Dit het selfs in gewildheid toegeneem met die koms van die GSM-gebasseerde loopfoon. Wat ‘n mens egter nie aldag besef nie, is dat die organisasies wat die netwerke in stand hou, wat hierdie vaste of mobiele telefoondienste aanbied en moontlik maak, tot ‘n groot mate nog onder staatsbeheer is. Dit beteken dat die opbrengste wat voortvloei uit feitlik elke telefoonoproep, die doelwitte van die regering van die dag ondersteun.

In die strewe na onafhanklikheid moet ‘n mens ‘n belangrike besluit maak: Wil jy afhanklik wees van staatsbeheerde maatskappye vir jou noodsaaklike dienste, of wil jy die verantwoordelikheid saam met die uitdaging opneem en onafhanklik word deur jou eie ding te doen?

Die bestuur van Kleinfontein Kommunikasiedienste het besluit om die moeilike pad na onafhanklikheid van die staatsbeheerde maatskappye te volg. Die vestiging van Kleinfontein se eie interne telefoonnetwerk sal eersdaags ‘n aanvang neem.

Voordele

Daar is ‘n reeks voordele verbonde aan die vestiging van Kleinfontein se eie telekommunikasie-onderneming, onder andere:

Gehalte: Die verskaffing van ‘n beter gehalte telefoondiens sal moontlik gemaak word deur die installasie van ‘n eie telefoonkabelnetwerk. Die kenmerke van die tradisionele telefoondraad in terme van beskikbare bandwydte is beter geskik vir gebruikers wat hulle telefoondiens wil gebruik vir faks en internet-toegang as die huidige DECT-stelsel van die staatsbeheerde Maatskappy.

Strategiese Belang: In die verlede was die meeste lande se Pos- en Telekommunikasiemaatskappye onder staatsbeheer, wat aandui dat dit as ‘n strategiese belang vir die land beskou is. Die vestiging van ‘n eie telekommunikasiediensverskaffer in die Kleinfontein-gemeenskap kan dus eweneens van strategiese belang word vir die onafhanklikheid van die gemeenskap. ‘n Eie telefoonnetwerk sal kommunikasie binne die gemeenskap in stand hou tydens krisistye of isolasie.

   

 

Ekonomiese Stimulasie: Dit is ‘n voldonge feit dat die uitbou van ‘n telekommunikasie-infrastruktuur in ‘n omgewing, gemeenskap of land dié gebied se ekonomie sal stimuleer. Net soos wat die vestiging van water- en kragvoorsiening ontwikkeling in Kleinfontein se woongebied aangespoor het, so sal die vestiging van telekommunikasiedienste ander sake-ondernemings na Kleinfontein lok en stimuleer.

Hoekom ‘n eie Netwerk?

Die gemeenskap woonagtig en werksaam in Kleinfontein is tans afhanklik van die oorwegend (70%) staatsbeheerde Telekommunikasiemaatskappy vir telefoondienste en ander verwante telekommunikasiedienste. Die Maatskappy het tans nog die alleenreg om openbare telekommunikasiedienste te mag verskaf en doen dit op ‘n eg monopolistiese en voorskriftelike wyse.

Oproepe wat binne die grense van Kleinfontein gemaak word, gaan tans deur die staatsbeheerde Maatskappy se sentrales en word dus gemeet en dienooreenkomstig ‘n vaste tariefstruktuur gehef. Die Maatskappy se inkomste uit lynhuur en oproepkostes vloei dus tans nog vanaf Kleinfontein se ekonomie na buite, wat nie net die volksvreemde bestuur van die Maatskappy se doelwitte help bevorder, maar ook die volksvreemde regering se koffers help vul met die Belasting op Toegevoegde Waarde wat op die rekenings gehef word.

‘n Eie netwerk is dus die enigste opsie om die uitvloei van swaar verdiende geld vir kommunikasiedienste na eksterne maatskappye met hulle swart bemagtigingsagendas te beperk.

Die Sentrale



Internet

In die afgelope 10 jaar het die Internet hom gevestig as onuitputbare bron van inligting wat vir omtrent almal met ‘n telefoonverbinding toegangklik is. Dit is die gewildste medium van interaktiewe sowel as eenrigting-kommunikasie naas radio en televisie. Omtrent alles en nog wat het deesdae ‘n teenwoordigheid op die Internet in die vorm van tuisblaaie. Die gebruik van e-pos oor die internet vervang stadig maar seker die tradisionele posdienste as interaktiewe geskrewe kommunikasiemedium. Kort voor lank gaan Internet-toegang so algemeen wees soos die loopfoon vandag is.

Kleinfontein se gemeenskap bly nie agter nie en het onlangs sy teenwoordigheid op die Internet ingelui toe die www.kleinfontein.net tuisblad geskep is nadat die domein gereserveer is op 11 Mei 2004.

Die huidige Internet-toegang op Kleinfontein is uitsluitlik gebasseer op die inbel-metode. Die toegangsmetode is miskien voldoende vir een keer per week se toevallige aktiwiteit, maar vir professionele gebruikers soos die Bemarkers en voornemende Tele-Pendelaars is dit ontoereikend. Daarom oorweeg Kleinfontein Kommunikasiedienste om, benewens die onafhanklike telefoondiens, ook ‘n Internet-toegangsdiens saam met die res van die netwerk beskikbaar te stel. Die toegangsdiens sal "altyd aan" wees teen ‘n vaste tarief per maand. Geen lang modem-oproepe meer wat die huistelefoon se lyn besig hou!

Benewens die Internet-toegang sal verskeie volkseie inhoudsverskaffers relevante inligting beskikbaar stel op die tuisblad, wat die kommunikasie na binne sowel as na buite sal bevorder en belangstellendes op hoogte hou van gebeure op Kleinfontein.