Kleinfontein Nedersetting Die_Houthuispark
Meenthuiskompleks Hoewes

Infrastruktuur (Elektrisiteit, Water)

Wildpark
Aftree-oord Inkopies

Kleinfontein Nedersetting


Die Nedersetting is die oudste en die eerste ontwikkeling op Keinfontein en het tans meer as 200 wonings. Die grootste gedeelte hiervan is "gewone"  woonerwe wat ongeveer 800 vierkante meter groot is.
'n Boukomitee reguleer all nuwe bouwerk en alle bouwerk moet aan 'n streng reeks voorwaardes voldoen. Bou-inspeksies word deurgaans op terrein en op plan deur die komitee behartig.

Meenthuiskompleks

Die meenthuiskompleks het 'n besonderse groei beleef en is tans die voorloper in die bounywerheid op die terrein.

'n Unieke komponent van die nedersetting is sy verskeidenheid. Hoe digtheidsbe-huising in die vorm van meenthuise komplimenteer die ouer houthuispark

Die Houthuispark

Die houthuispark bestaan uit 22 erwe waarvan 10 reeds bebou is. Die meeste erwe se groottes wissel tussen 350 vierkante meter en 500 vierkantemeter. Die sowat 16 huidige inwoners wissel van jong ongetroudes tot afgetredenis.

Infrastruktuur

Water
Die plaas Kleinfontein is uiters waterryk met talle fonteine wat water van 'n uiters hoë gehalte lewer. Deur middel van hierdie fonteine word die hele plaas tans van water voorsien. 'n  Waterkomitee is in die lewe geroep om die uitgebreide waternetwerk van fonteine, boorgate en damme te bestuur  en ook te verseker dat waterkwaliteit deurgaans beheer word.



  


Elektrisiteit
Elektrisiteit word aangekoop direk vanaf Eskom teen grootmaattarief en word verskaf deur middel van 11 KV lyne. Dit verseker KBK se onafhanklikheid vanaf plaaslike Suid-Afrikaanse rade en bied 'n korting.

Alle elektriese installasies in kleinfontein word deur gekwalifiseerde elektrisiens gedoen. All wonings in kleinfontein moet van 'n "Energie bespaarder" gebruik maak om te verseker dat piekstroom verbruik so laag as moontlik bly.

Inkopies in en om Kleinfontein

Waar is die naaste inkopie sentrum aan Kleinfontein geleë?

Vir die basiese melk en brood of 'n bietjie twak is die antwoord  Kleinbegin Winkel natuurlik ! Verdere goeie NUUS is dat Kleinfontein 'n eie winkelsentrum beplan naby die noordelike ingang. Vir Navrae Epos: jmc@acc.co.za  

Daar is `n vulstasie ongeveer 1km vanaf die ingang van Kleinfontein op die Rayton – Bapsfontein pad geleë asook `n winkel waar noodsaaklike melk, brood en koerante gekoop kan word.

Aangrensend aan die motor vulstasie is daar ook `n veevoer groothandelaar waar die kleinboer al sy voer benodigdhede kan aanskaf. Elke Saterdag word daar in die omgewing van die vulstasie ook veiling gehou waar die publiek van hulle oortollige besittings kan laat opveil en wie weet,  self  `n winskopie kan teëkom.    
Verder langs die pad is daar ook `n melkboer wat melk teen groothandel prys  direk aan die publiek verkoop.

Vir meer gesofistikeerde inkopies is daar `n inkopie sentrum 7km vanaf die Kleinfontein indraai pad op die Rayton  - Bapsfontein pad geleë waar `n bekende kettinggroep as die anker besigheid van die kompleks, besigheid bedryf. In die sentrum is daar ook die volgende beskikbaar: 

Een van die grootste bankgroepe voorsien in al die kliënte behoeftes asook OTM geld onttrekking geriewe.   Allerlei kleiner winkels is in die kompleks geleë bv. mans en dames haarkappers, materiaal winkels en `n bekende kettinggroep klere- handelaar. Verskeie mediese praktisyns, tandarts, fisioterapeut en `n apteek doen ook hier en in die onmiddellike omgewing van die kompleks besigheid.
Motor herstel werke, `n vulstasie en onderdele handelaars is ook in die direkte omgewing bedrywig.

Verder  bedryf  ook `n boumateriaal- en `n elektriese materiaal handelaar  op dieselfde terrein hulle sake.Vir groter landbou benodigdhede is daar ook `n tak van `n bekende koöperasie in die rigting van Cullinan, ongeveer 12km vanaf Kleinfontein, waar grootmaat landbou benodigdhede  aangekoop kan word.