KLEINFONTEIN WILDPARK


Kleinfontein
Wildpark behels die vestiging en ontwikkeling  van ‘n ekologiese bewaringsgebied waarin mens en natuur in harmonie kan saamleef
 

Bloedrooi sak die son agter die rantjie in die weste.
Die windpomp draai stadig so spoeg, spoeg in die dam.
Iewers
verskuil onder soetdorings wat plaat,  roep jakkals en tarrentaal in die verte.

 
Bokmakierrie, Laksman, Spekvreter en Bergwagter maak reg vir die diep donker nag

en
keer stil, stil  terug na hul neste.

 

Blesbok, Ribbok en Duiker is klaar gewei vir die dag.
Ęrens
in die lang gras ses zebra’s wat vir ons lag. 
 

 

Omring deur die skepping van jou God, besef jy opnuut die nietigheid van die mens.
Hier
kan jy nog droom, Hier kan jy nog wens.

 


Kleinfontein Wildpark

Een van die ontwikkelings in kleinfontein wat die vinnigste groei is voorwaar die wildpark. 'n Deeglike omgewingsimpakstudie is met die hulp van deskundiges voltooi - hiervolgens is verskeie tipes wild gevestig.

Spesies reeds teenwoordig
 

  • Blesbok
  • Wit rietbok
  • Rooihartebeest
  • Zebra
  • Aardwolf
  • Jakkels
     

 

 

 

Hier kan jy op jou stoep sit terwyl wild soos onder andere blesbokke,  Rooihartbeeste, duikers en Zebra's rustig tussen die huise deurloop.

Die ontwikkeling is lae digtheid van aard en bestaan uit 'n beperkte aantal van 50 persele. Hierdie 50 persele word dan in groepies van ses saamgevleg wat beteken dat daar 'n groot hoeveelheid oop ruimtes is.
Elke blok van ses wonings het 'n gepaste naam soos Ribbbok, Gemsbok ensomeer.


 



 

 

 

 

 

Regs bo: Die wildsvestiging projek in volle swang. Vroeggoggend word Kleinfontein se "pajamadonkies" afgelaai.
Buiten natuurlik die vestiging van wildspesies is die omgewing ryk aan voellewe en verskeie roofvoels het hier 'n tuiste gevind.

Onder: Die Gemsbok Blok in aanbou

 

 

 







 

Veldbrande en brandbestuur..
Kleinfontein se Wildpark is onder streng brandbeheer en debatte aangeaande brande en voorbrande is altyd baie lewendig. Jaarliks word veldkenners, inwoners en die kleinfontein brandkomitee betrek. Onder is Kleinfontein se vuurvegter in aksie by die "beveiliging" van 'n afgebakende area in die wildpark wat gebrand is as voorsorg. Sou daar dan 'n brand uitbreek sal die area 'n veilige heenkome bied aan die duurbekomde wild.

Vir navrae om 'n stukkie paradys te bekom kontak die kantoor.