|
23/8/2005 Afrikaner Aksie op TUKS! "English Only is erger as SLEGS BLANKES" Studente aan die Universiteit van Pretoria het aan 'n vreedsame optog deelgeneem om te protesteer teen die Miskenning van Afrikaans aan die Universiteit. Sowat 1500 studente het deelgeneem aan die optog - geen asblikke is in die proses omgekeer nie en geen rommel is gestrooi nie. Tukkies het T-hemde gedra wat lees "English Only is erger as SLEGS BLANKES" Slegs 19 % van alle kursusse aan TUKS word in Afrikaans aangebied.
17/8/2005 UP verklaring voor Afrikaner Aksie UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
Uit die Kantoor van die Viserektor
VERKLARING DEUR DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA: 17 AUGUSTUS 2005
Geagte kollegas
Gister het u inligting oor die beoogde protesoptog deur studente van VF+TAS en UP Solidariteit van die Direkteur: Veiligheidsdienste ontvang. In hierdie boodskap lig mnr Colin Fouché ons in oor die logistieke reëlings rondom die optog sodat daar so min as moontlik ontwrigting op die kampusse van die Universiteit van Pretoria is.
Die Universiteit van Pretoria het kennis geneem van die verklarings wat deur studentestrukture uitgereik is waarin hulle van voorneme is om ‘n massa-aksieveldtog te loods. Hierdie veldtog sal die boikot van lesings asook protesoptogte insluit. Nie al hierdie protestoptogte is deur die Universiteit van Pretoria goedgekeur nie.
Die Universiteit verwelkom vryheid van spraak en erken dat hierdie bewuswording in ‘n demokratiese omgewing deel moet uitmaak van die studentelewe en –kultuur. Om goeie orde op die kampusse van die Universiteit te handhaaf is dit egter noodsaaklik dat basiese protokolvereistes nagekom moet word.
Die Universiteit neem verder kennis dat die studente se griewe wissel vanaf die jaarlikse klasgeldverhoging tot die taalbeleid. Uiteenlopende opinies oor hierdie sake bestaan onder die verskeie studentegroepe.
Die Universiteit bevestig weer eens sy bereidwilligheid om algemene inligtingsessies, besprekings en konsultasievergaderings te hou ten einde te verseker dat alle studente goed ingelig is en bewus gemaak word van al die feite wat op die onderskeie sake betrekking het, voordat hulle massa-aksie oorweeg. Die konsultasieproses is reeds aan die gang. Reëlings vir verdere inligtingsessies kan deur die Kantoor van die Studentedekaan by (012) 420-4001 getref word. Mev Michelle Viljoen kan ook gekontak word by (012) 420-4078 of te kamer 1-6, Studentesakegebou. Die kantoor kan per e-pos bereik word by: michelle.viljoen@up.ac.za
Prof CR de Beer Viserektor
|
||
|
4/7/2005 Mediaverklaring DIE STAND VAN AFRIKAANS Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het kennis geneem van die ANC-President se skuldbelydenis oor die hantering van Afrikaans. Natuurlik is dit altyd verblydend as mense van hulle verkeerde weë tot inkeer kom. Ons kan ongelukkig nie heeltemal die optimisme van ander Afrikaanse organisasies deel oor hierdie swaeltjie wat in die middel van die winter verskyn nie. Die Verkenners is van mening dat daar geen rede is vir enige onderhandeling of gesprekvoering oor die “beveiliging” van Afrikaans na pres. Mbeki se stelling nie, en dat dit selfs die saak kan verswak. Die feite is dat die ANC sedert sy bewindsoorname alles in sy vermoë gedoen het om Afrikaans, die Afrikanerkultuur en die Afrikaner af te kraak, te beskuldig en tot derderangse landsburger terug te druk. Dit moet duidelik gestel word dat die taal nie van die breë Afrikanerkultuur geskei kan word nie. Om net te kyk na die posisie van Afrikaans is dus nie voldoende nie en lyk na ‘n fopspeen waarmee die Afrikaners tevrede gehou moet word terwyl Pretoria Tshwane word, Pietersburg Polokwane en Transvaal versnipper is tot Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Mbeki het immers self gesê dat hy bekommerd is dat die taalkwessie besig is om in ‘n versetbeweging omvorm te word. Dit is duidelik dat hy versigtig is vir Afrikanerverset, en aan die ander kant bewys dit dat verset wel die gewenste resultate kan oplewer. Indien Mbeki en die ANC ernstig is oor Afrikaans, is dit hulle plig, en hulle plig alléén, om die taal se status te herstel tot waar dit was. Gevolglik sal Mbeki persoonlik moet ingryp en toesien dat: · die staat nie voortgaan om die Mikro Skool se saak verder op appél te neem na die Grondwetlike hof nie; · universiteite soos Pretoria, Potchefstroom, Vrystaat en RAU hulle Afrikaanse karakter, wat deur die ANC-bewindhebbers van hulle gestroop is, terugkry; · geen Afrikaanssprekende ooit weer die frustrasie sal ondervind om Engels by enige staatsdepartement te moet praat om enigsins geholpe te raak nie; · alle amptelike dokumentasie en korrespondensie in Afrikaans beskikbaar sal wees; · Afrikaans weer sy regmatige plek op die openbare uitsaaier sal inneem · Afrikaanse plekname weer herstel sal word soos wat dit was, aangesien die taal en die breë kultuur onafskeibaar van mekaar is. Enigiets minder as dit sal in dieselfde lig beskou word as voorheen verbreekte beloftes oor taal, kultuur en minderheidsregte. Intussen sal die taalversetaksie versterk moet word en sal elke Afrikaner skouer aan die wiel moet sit om toe te sien dat ons taal behoue bly en ons regte afgedwing word. Henk van de Graaf PRESIDENT: VERKENNERSBEWEGING VAN SUID-AFRIKA |
||
|
15/1/2005 Bejaardesorg Sentrum Kleinfontein
Boerebelange het bekend gemaak dat 'n perseel aangekoop is op terrein wat
eersdaags in 'n bejaardesorg inrigting omskep sal word. Waneer dit nodig word watter groter geskenk kan daar dan vir ma pa of ouma gegee word as eerstewereld sorg deur een van ons eie mense ! Baie geluk Kleinfontein Sorgsentrum! Navrae:
Irene@kleinfontein.net |
||
|
1/10/2004 OKOSA by Openbare Beskermer aangekla-Radio Pretoria word geteister!
|
||
|
19/8/2004
-
Hoë spoed wyeband
internet
|
||
Kleinfontein SKKSpaar en Krediet Koöperatief BeperkVerw. Nr. K6/3/9/2992
|
![]() |
|
|
19/8/2004
- Uiteindelik! Na deeglike beplanning en navorsing is Ons eie "Finansiele" arm op die been gebring. Nou gaan dit moontlik wees om beide beleggings en lenings te maak by ons eie mense. Vir bellegers en leners is daar nou uitstekende geleenthed wat sal lei tot welvaart in ons eie gemeenskap. Klik hieronder en bekom 'n aansoekvorm om as lid van Kleinfontein SKK te registreer. ../dokumente/Kleinfontein SKK aansoek om lidmaatskap.doc |
||
|
5/7/2004
- Vooruitgang!
Voornemende winkeleienaars/magnate in wording kan
meer inligting bekom by
jmc@kleinfontein.net of mobiele nommer 0834577933 Nuttige skakels
|
||