Kleinfontein Sorgsentrum
Tuiste vir Bejaardes
Waar mense in liefde weer mens word vir mekaar –
groei die hemel oor
die aarde.

Ons bied aan u:
-
Verblyf in ‘n tuiste met ‘n Christelike, veilige en huislike atmosfeer.
-
Privaatheid, maar ook geselskap, vriendskap en groepsaktiwiteite.
-
Ruim dubbelkamers wat uself meubileer en gerieflik en gesellig kan inrig met
u eie linne, beddegoed en handdoeke.
-
Opgeleide volkseie susters en verpleegsters om u 24 uur te versorg en na u
behoeftes om te sien.
-
Huur van apparate.
-
Drie (3) daaglikse gebalanseerde maaltye.
-
Daagliks 10h00 en 15h00 (3nm): Tee en verversings word bedien en gekuier in
die eetsaal.
-
Gaste kan teen ‘n vasgestelde tarief vir ete genooi word, veral op Sondae.
Eredienste Sondae in die Kleinfontein Gemeenskapsaal en predikante is
woonagtig op die terrein.
-
Skoonmaak van kamers op vasgestelde tye.
-
Water en elekstrisiteit is ingesluit in die tarief.
-
Sekuriteitsdiens met 24 uur toegangsbeheer.
-
Ontspanning: Veilige staproetes, jukskeibaan, swembad, weeklikse
oefenprogram in Gemeenskapsaal ens.
-
Bussiediens na omliggende dele en Pretoria teen billikke tariewe.
-
Versorging van wasgoed.
Finansiële aspekte:
1.
Kleinfontein Sorgsentrum is selfonderhoudend. Geen subsidie word van
buite ontvang nie.
2.
Intreefooi van R5.000,00 is soos volg betaalbaar:
2.1.
Eenmalige bedrag van R5.000, of soos volg:
2.2.
Die eerste R5.000 is nie terugbetaalbaar nie.
2.3.
Die tweede R5.000 (vir sover dit inbetaal is) sal pro-rata
terugbetaalbaar
wees indien die inwoner gedurende die
eerste 5 jaar van verblyf te sterwe
kom.
2.4.
Die aanvanklike maandelikse verblyfkoste is soos volg vasgestel:
2.4.1. Per
persoon wat kamer deel : R3.000 per maand.
Per
persoon wat aandring daarop om alleen in ‘n kamer te wees : R5.000 per maand.
Prosedure vir aansoek:
-
Plasing van ‘n aansoeker is onderhewig aan ‘n mediese evaluasie wat deur die
Bedryfsbestuurder, Prof. Sally van Tonder, uitgevoer sal word.
-
Die voorgeskrewe mediese verslag van inwoners se dokter moet saam met
genoemde evaluasie ingedien word.
-
Die voorgeskrewe aansoekvorm moet voor toelating volledig voltooi en
ingedien word.
-
Albei dokumente moet so spoedig moontlik na voltooiing by die Kleinfontein
Sorgsentrum ingedien word.
-
Keuring word gedoen en ‘n waglys word gehou.
Waar is Kleinfontein?:
17 kilometer van Oostelike voorstede van
Pretoria,
10 kilometer suid van Rayton,
27 kilometer wes van
Bronkhorstspruit,
17 kilometer van Culllinan,
27 kilometer van Centurion,
40 kilometer van Kemptonpark.
Kleinfontein se sukses is grootliks afhanklik van samewerking tussen ons mense.
Ons wil dus Volkseie persone hier vestig wat die beginsel van naasteliefde wil
uitleef.
Vir enige navrae, skakel gerus met die kantoor:
Kantoorure:
Maandae tot Vrydae – 8h00 tot 12h30
Tinus Myburgh 012 802 1415
OF
Bemarker:
Irene Groenewald 012 802 1441
Mediese Kliniek
op Kleinfontein
Die eerste fase van die mediese "Kliniek" is reeds
voltooi en word deeltyds beman met mediese personeel.

|