Kleinfonteiners kan kies om hulle te vestig in of die nedersetting, of die wildpark of op die hoewes. Kies een van die opsies vir meer inligting:
Die nedersetting is geleë op die eskarpement in die Magaliesberg reeks met vergesigte oor die Bronberge
Lees meer
Die wildpark lê suid en oos van die nedersetting en strek oor 150 ha.
Lees meer
Hierdie hoewes lê net suid van die Rhenoster-fonteinpad en beslaan elk ongeveer 1 ha.
Lees meer
Dit is die eerste hoewes wat uitgelê is en is net suid van die Tandem hoewes geleë.
Lees meer
DIE WILDPARK
Die wildpark lê suid en oos van die nedersetting en strek oor 150 ha.Voorsiening is gemaak vir slegs 52 wonings in die wildpark waarvan reeds 16 gebou is. Radio Pretoria se uitsaaitoring is ook geleë in die wildpark. Inwoners in die wildpark is onderhewig aan spesiale reëls om die ekologie van die wildpark gebied te bewaar vir die genietinge en gebruik deur alle Kleinfonteiners.