Tuis

Soek

riebeeck

Kom herdenk die van Riebeeck Gelofte op 6 April 2022 om 09:00 te die gemeenskapsaal.

Ons as kultuur gemeenskap kom op 6 April bymekaar om terug te dink aan dit wat vandag 370 jaar gelede gebeur het toe
Jan van Riebeeck en sy geselskap op 6 April 1652 in Tafelbaai anker gegooi het. Ons kom ook bymekaar om aan
ons God die eer te gee wat Hom toekom in terme van ons as volk se eerste Gelofte wat aan Hom gedoen is.
Verversings, koffie en tee word na die tyd aangebied.

Kom geniet die oggend saam met u Volksgenote en betuig Eer aan Vader Almagtig.
Vir navrae skakel gerus vir Michael Lombard by: 0620462989.