Nedersetting

Soek

Die nedersetting is geleë op die eskarpement in die Magaliesberg reeks met vergesigte oor die Bronberge.

350 erwe is op die nedersetting  uitgesit waarvan 300 erwe reeds bebou is. Elke beboude erf word bedien met `n water aansluiting en `n elektriese aansluiting.

Binne die nedersettingsgebied kom verskeie ontwikkelings voor

Die uitsigerwe op die eskarpement wat direk uitkyk oor die wildpark en die Bronberge is feitlik almal beboud en het elk `n oppervlakte van ongeveer 750 vk m. In die algemeen wissel erwe in die nedersetting tussen 600 vk m en 1000 vk m. Spesifieke ontwikkelings soos die Houthuispark, waar slegs mooi houthuise opgerig is, is gelee op erwe van tussen 300 vk m en 500 vk m. In die Dagbreek woonwapark is voorsiening gemaak vir `n aantal ekonomiese erwe van 200 vk m vir een of twee slaapkamer huise. Inligting oor aftree-oorde, meenthuiskomplekse en die sorgsentrum verskyn elders. Die kern van Kleinfontein is gelee binne die nedersetting gebied en bestaan uit `n gemeenskapssaal, `n winkelkompleks, `n biblioteek, die skool, sportvelde en swembad.