Hoewes

Soek

Pioeniers Hoewes

Dit is die eerste hoewes wat uitgelê is en is net suid van die Tandem hoewes geleë. Hierdie hoewes strek tot die spoorlyn wat Paul Kruger vervoer het toe hy as banneling na Switzerland vetrek het. 105 hoewes van ongeveer een hektaar is hier uitgesit waarvan reeds 60 op gebou is.

Tandem Hoewes

Hierdie hoewes lê net suid van die Rhenosterfonteinpad en beslaan elk ongeveer een ha. 70 hoewes is uitgesit waarvan 10 reeds op gebou is. `n Voëlpark is om `n kwarriegat met water ontwikkel op hierdie hoewes.

Die boomryke hoewes het 'n landelike atmosfeer met verskeie inwoners wat op kleinskaal boer. Buiten die plant van Oulandsgras is daar ook hoewebewoners wat skape en hoenders aanhou.

Perde en perderuiters is ook 'n bekende gesig in die grondpaaie. Straatname is eg Afrikaans en strate soos Briekblok, Pieoniersweg en Juk straat maak mens gou attent daarop dat jy in 'n Afrikaner Kultuurdorp is. 

Dienste 

Soos in ander dele van Kleinfontein verskaf Kleinfontein se bestuur dienste soos water en sekuriteit en die ingang na die hoewes word 24 uur beman. Elektrisiteit word egter hier direk aan gebruikers gelewer via Eskom. Talle Hoewebewoners maak gebruik van alternatiewe  energie en maak nie gebruik van Eskom nie.