Wildpark

Soek

Die wildpark lê suid en oos van die nedersetting en strek oor 150 ha.Voorsiening is gemaak vir slegs 52 wonings in die wildpark waarvan reeds 27 gebou is. Pretoria FM se uitsaaitoring is ook geleë in die wildpark.

Inwoners in die wildpark is onderhewig aan spesiale reëls om die ekologie van die wildpark gebied te bewaar vir die genot en gebruik deur alle Kleinfonteiners.

Wildsoorte sluit in:

Njalas
Rooihartebeeste
Blesbokke
Rooibokke
Wit rietbokke
Waterbokke
Sebras
Swartwildebeeste

Die wildpark word in samewerking met Kleinfontein se Bewarea en die departement van  natuurbewaring bestuur en is sodanig onderhewig aan die reels en regulasies van die departement.

Dit noodsaak ook Kleinfontein om jaarliks van die wild te oes om oorbeweiding en inteling te voorkom. Weens koste verwant aan die pyl en vang van wild word wild eerder geskiet. Beide vuurwapenjag asook boogjag vorm deel van die oesproses.

Terwyl daar voorkeur gegee word aan inwonende Kleinfonteiners is daar ook 'n aantal bokke wat beskikbaar is vir privaat jag.