Tuis

Soek

logo

VERBLYFREG AANSOEKE : 

Die aansoek om verblyfreg in Kleinfontein is onlangs afgestof en die prosedure is nou as volg:

Stap 1:
Klaring by die SAPD of Kleinfontein toetssentrum.(wikus.cremerThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)  

Stap 2:
Handig u klaring met 'n kleurfoto van elke aansoeker en 'n kopie van u ID dokument in by die Toetssentrum in en voltooi u verblyfreg aansoekvorms volledig.

Stap 3:
Na inhandiging van u verblyfreg vorms by die Toetssentrum moet u 'n afspraak maak om 'n orienteringssessie by te woon.

Stap 4:
U sal  binne 7 dae van die orienteringssessie genooi word vir 'n paneelonderhoud van ongeveer 15 minute.

Stap 5:
U sal na afloop van die paneelonderhoud in kennis gestel word of u aansoek om verblyf goedgekeur is.

navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

noodhulp 600

Ses Kleinfontieners het pas hul vlak 1 noodhulp kursusse geslaag. Beide
sekerheidspersoneel en personeel 
verbonde aan Kleinfontein se sorgsentrum
het opleiding ontvang.




Dit was weer tyd vir die jaarlikse  kragmeting tussen die twee kultuurdorpe. Hierdie mooi tradisie tussen die sustersdorpe Orania en Kleinfontein is in sy 6de jaar en is op toepaslike wyse bo-op Majubaberg in die lewe geroep.
Die 2019 kragmeting het plaasgevind op 4 en 5 Oktober te Orania.

Vir die eerste keer in jare het Kleinfontein se eie netbalspan die Kiewiete die trofee vir die netbal afgestaan met punte 27-16 vir die Orania Vuurvinke. Die Trofee is met trots deur die dorpsraad se hoofbestuurder Mnr Frans de Klerk persoonlik aan die kaptein van die Vuurvinke oorhandig.


Saterdag 5 Oktober was dit tyd vir rugby en Kleinfontein het teen Orania A, Orania B en Hopetown meegeding.

Alhoewel Kleinfontein nie een van sy wedstryde gewen het nie, het Kleinfontein beindruk met sy onverskrokke en jeugdige span. Drie van die Kleinfontein Krygers is inwoners van Dagbreek in Kleinfontein en het 'n gedugte driemanskap gevorm.


Die enigste Kleinfontein drie in die wedstryd is deur Kleinfontein se kaptein Edward Visser gedruk. Edward is reeds in sy derde jaar betrokke by die Volkstaatbeker teen Orania.
 

Hierdie jaar se kragmeting was geborg deur:


Maak gerus gebruik van hierdie verskaffers wat die ryke tradisie laat voortleef. Daar is egter minder as 50% van die koste om ons sportmanne en vroue Orania toe te stuur verhaal deur borge. Indien u kan help om hierdie tradisie te laat voortleef kontak gerus vir This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir meer besonderhede.

Die Orania dorpsraad het gratis verblyf aan al die besoekers uit Kleinfontein gebied en ook 'n gratis braai en kuier geborg waar die twee Afrikanerdorpe se jongmense mekaar kon ontmoet en kuier.