Eiendomme te Koop of te huur

Soek

Bergwagter 4

Ref : Bergwagter 4

Address :

Kleinfontein

Financial informations :

Price 1 250 000 ZAR

Details :

IMG 20240111 WA0060

Huis Te Koop vir R1,250 000 in Kleinfontein net buite Pretoria naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton

Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom koop ‘n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
Hierdie siersteen huis bied die volgende: 2-Slaapkamers, 2-Badkamers (of 1-slaapkamer woning met 1-badkamer en ‘n 1-slaapkamer woonstel met 1-badkamer), Kombuis, 3 leefareas, 2-toesluitmotorhuise, 5 Motorafdakke. Die woonstelgedeelte het sy eie privaattuin.
Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema. Volgense Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”
Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
Skakel vir Irene Groenewald by 0832288572 vandag nog vir meer informasie.

Do you want more info? Leave your message

Return to the list