Eiendomme te Koop of te huur

Soek

juk 60

Ref : Juk 60

Financial informations :

Price 1 495 000 ZAR

Details :

WhatsApp Image 2024 02 01 at 10.05.44 43e7e36b

Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom koop ‘n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
Hierdie A-raam siersteen huis op ‘n 1-Hektaar Kleinhoewe bied die volgende: 4 slaapkamers, 2 badkamers, 3 leefareas, kombuis met baie ingeboude kaste, stoep, buite waskamer, 3 toesluit motorhuise met ‘n 5kva sonkragstelsel.
Meer informasie oor Die Hoewes in Kleinfontein:
Pioniers Hoewes: Dit is die eerste hoewes wat uitgelê is en is net suid van die Tandem hoewes geleë. Hierdie hoewes strek tot die spoorlyn wat Paul Kruger vervoer het toe hy as banneling na Switzerland vetrek het. 105 hoewes van ongeveer een hektaar is hier uitgesit waarvan reeds 60 op gebou is.

Tandem Hoewes: Hierdie hoewes lê net suid van die Rhenosterfonteinpad en beslaan elk ongeveer een ha. 70 hoewes is uitgesit waarvan 10 reeds op gebou is. `n Voëlpark is om `n kwarriegat met water ontwikkel op hierdie hoewes. Die boomryke hoewes het 'n landelike atmosfeer met verskeie inwoners wat op kleinskaal boer. Buiten die plant van Oulandsgras is daar ook hoewebewoners wat skape en hoenders aanhou. Perde en perderuiters is ook 'n bekende gesig in die grondpaaie. Straatname is eg Afrikaans en strate soos Briekblok, Pieoniersweg en Juk straat maak mens gou attent daarop dat jy in 'n Afrikaner Kultuurdorp is.

Dienste: Soos in ander dele van Kleinfontein verskaf Kleinfontein se bestuur dienste soos water en sekuriteit en die ingang na die hoewes word 24 uur beman. Elektrisiteit word egter hier direk aan gebruikers gelewer via Eskom. Talle Hoewebewoners maak gebruik van alternatiewe energie en maak nie gebruik van Eskom nie.

Kleinfontein is 'n unike Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema. Volgense Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”
Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
Kontak vir Irene Groenewald op 083 228 8572 vandag vir meer informasie.

Do you want more info? Leave your message

Return to the list